Geniet heerlike maaltye in 'n warm en gesellige atmosfeer, saam met vriende en familie.
Verken Ons SpyskaartOppi Dek Montana het in 2019 van 'n gedagte gemanifesteer tot 'n realiteit. Die oorspronklike idee was om 'n venue op te rig op die plot waar die eienaar sy eerste verjaardag gevier het.
Die eerste funksies is in Januarie 2020 bespreek, maar die Covid-plandemie het ons genoop om ander opsies te ondersoek. Dit het gelei tot die uitbreiding van ons dienste, wat vandag insluit:
Venue-verhuring
Daaglikse wegneemetes
Sondag- en Midweek-buffets
Die Dek kan 80 gaste gemaklik akkommodeer. Dit was ons eerste venue en beskik oor 'n houtvloer wat 'n lodge-gevoel in Afrika se bos skep. Dit het sy eie ablusiegeriewe en elektrisiteit.
Oorspronklik het die Dam-Lapa 'n dak en grondseil gehad, maar in 2025 is dit vergroot en opgegradeer met 'n plaveivloer. Dit bied nou plek vir 90 gaste en het elektrisiteit en eie ablusies.
Hierdie venue is perfek vir braai-geleenthede, met vier onderdak-braaiplekke en roosters. Dit het 'n plaveivloer en 'n tentdak, en kan 70 mense huisves. Dit het ook eie ablusies en elektrisiteit.
Die Boma het 'n oop braaigebied in die middel met tafels om die kant, alles onderdak. Tafels is op plaveisel en braaiers is omring met pleistersand. Dit bied sitplek vir 50 mense. Die Dek se ablusies word tans gedeel, maar daar is elektrisiteit.
Bly op hoogte van ons aanbiedinge.
Registreer jou e-pos adres om die spyskaart op 'n daaglikse basis te ontvang.
Volg die skakel en registreer op ons webtuiste.
Die bespreking word per WhatsApp gedoen maar jy kry die spyskaart op jou e-pos.
Klik Hier